AON Vriendskaplike Atletiek 2019

0
302


Atletiek uit die boonste rakke met altesaam 19 nuwe rekords. Laerskole  Nelspruit, Laeveld, Bergland en Nelspruit Primary was Saterdag deel van die AON Vriendskaplike Atletiek wat deur Laerskool Nelspruit aagebied is. Die dag het aanvanklik onder perfekte bewolke toestande plaasgevind, maar so teen 11H00 het die warm Laeveld son sy verskyning soos verwag is gemaak. Die Son het egter nie die Atlete gekeer om pragatletiek vertonings te lewer nie. Nagenoeg 19 splinter nuwe rekords is opgestel. Die twee rekords wat uitstaan is seerseker die rekords van legendariese Frans Schutte en Shanise de Clerck wat in die slag gebly het.

Elizma de Villiers het Shanise de Clerck se dogters 0/12 rekord van 1,44 meter in 2017 na 1,45 meter verbeter. Vaughn van Zyl het Frans Schutte se Gewigstoot rekord in 2005 van 11,14 meter met bykans ‘n meter verbeter na 12,04 meter.

Sien aangeheg ‘n foto van Elizma de Villiers waar sy die legendariese rekord verbreek. Vind ook aangeheg al die top toekennings. Neem kennis, dit was ‘n vriendskaplike Atletiekbyeenkoms, daar was nie tellings gehou tussen skole nie, dit was slegs voorbereiding vir Interlaer.

Naam van trofee Naam Item Ouderdom Skool ASA

punt

1. Beste veldatleet dogter Zané Nel Gewigstoot 0/11 Nelspruit 908
2. Beste veldatleet seun Vian Louw Gewigstoot 0/11 Nelspruit 797
3. Beste naelloper senior dogter Ninke Mostert 100m 0/12 Nelspruit 800
4. Beste naelloper senior seun Rhandzu Mkhabela 80m 0/10 Bergland 641
5. Beste naelloper junior dogter Chenade Bothma 80m 0/9 Bergland 654
6. Beste naelloper junior seun Bernard Calitz 60m 0/8 Nelspruit 963
7.  Beste hekkies atleet dogter Simoné Lourens 70m Hekkies 0/11 Nelspruit 793
8.  Beste hekkies atleet seun Wian Lambrechts 75m Hekkies 0/12 Nelspruit 816
9.  Beste middelafstand atleet dogter Tanya Pieters 1500m 0/13 Nelspruit 816
10 Beste middelafstand atleet seun Joshua Fincham 1200m 0/12 Nelspruit 667
11.  Beste prestasie ASA tabel dogter (snr) Zané Nel Gewigstoot 0/11 Nelspruit 908
12.  Beste prestasie ASA tabel seun(snr) Wian Lambrechts 70m Hekkies 0/12 Nelspruit 816
13. Junior Victrix Ludorum Chenade Bothma 0/9 Bergland 1220
14. Junior Victor Ludorum Bernard Calitz 0/8 Nelspruit 1598
15. Senior Victrix Ludorum Tanya Pieters 0/13 Nelspruit 2341
16. Senior Victor Ludorum Jonathan Vermaak 0/10 Nelspruit 2019

Vriendskaplike byeenkoms 2019

Ninke Mostert Dogters 0/12 Verspring – 4, 57 meter – Goue medalje
Aangeheg, Chenade Bothma van Bergland, 0/9 Dogters 60 meter, wen in ‘n nuwe rekord tyd van 08.84s