Atletiek: NHS se B-span vertoon goed teen Laeveld se bestes

0
453
Xander Rutherford by 'n vorige kragmeting. (Foto verskaf.)

Verskeie van Hoërskool Nelspruit se B-span atlete het verlede naweek by Rob Ferreira inWitrivier aan ‘n vriendskaplike byeenkoms deelgeneem. ‘n Hle paar Laeveldskole se A-spanne het deelgeneem.

Die tuisspan het teen Bergvlam, Lowveld High, Penryn College en Barberton kragte gemeet. NHS se A-span en Lydenburg was afwesig, maar tens spyte daarvan het die Nellies die krane oopgedraai en met verskeie medaljes huis toe gekeer.

Die volgende NHS-atlete het goud verower:

Henrique de Lange (s.19): 400m hekkies – 58.38 sek.

Ivan Potgieter (s.17): 400m hekkies – 59.68 sek.

Martin Raad (s.14): 800m – 2:22.02

Marcel Saayman (s.16): spiesgooi – 47,47m

Lallie Grobler (m.14): 200m – 28.39 sek.; 400m – 67.13 sek.; en 300m hekkies – 54.75 sek.

Jana Engelbrecht (m.15): 100m – 13.13 sek.; en 200m – 27.53 sek.

Nicolize Aucamp (m.15): 400m – 63.12 sek.

Nadia Buitendag (m.19): 400m – 67.08 sek.

Margo Meyer (m.17): 1500m – 6:10.01

Shannon Pretorius (m.17): 200m – 28.21 sek.; ook 100m – 13.50 sek.

Van die ander blink vertonings, sluit in:

Estian Schroeder (s.19): gewigstoot – 11,85m

Xander Rutherford (s.16): skyfwerp – 41,18m; ook gewigstoot- 12,18m

Mechiel Brink (s.14): hoogspring – 1,55m (822)

Danté vd Westhuizen (s.16): 800m – 2:10.24

Coben Putter (s.16); skyfwerp – 39,13m

Tiaan Kotzee (s.19): 100m – 11.58 sek.; ook 200m – 23.93 sek.

Zanelle Moller (m.17): 400m hekkies – 74.35 sek.

Nicolize Aucamp (m.15): 200m – 27.56 sek.

Milda van Dyk (m.16): 400m – 66.49 sek.