Bergvlam Hoër oppad na SA netbaltoernooi

0
603
Marius Nel, Besturende Direkteur van KMIA saam met Cat Nienaber, bemarkingsbestuurder (regs) tydens die oorhandiging. (Foto verskaf.)

Bergvlam se eerste netbalspan vir 2018 beplan om hierdie jaar weer na die SA’s toe te gaan. Verlede jaar het hierdie span slegs een van hul wedstryde verloor in die 0/16 kategorie waarin hulle toe deelgeneem het.

Afrigter Ansie Dawson sê die Laevelders moet hierdie span vanjaar dophou. Om hule vertroue in die spelers te toon, het die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe nuwe speeldrag en sportsakke geborg en onlangs aan die meisies oorhandig.