Blink toekoms wink vir Nellie-padfietsryer!

0
138
Sias in volle vaart. (Foto verskaf.)

Hoërskool Nellie-padfietsryer Sias Joubert (Gr 12) het die afgelope naweek aan die 94.7 Cycle Challenge deelgeneem en was deel van die Elite-groep waaronder top SA en internasionale kampioene soos Daryl Impey gery het.

Hy gaan volgende jaar vir Team Van der Group ry, een van drie kontinentale spanne wat vir 2019 in Suid-Afrika geregistreer is. Kontinentale spanne word deur nasionale federasies beheer en het ‘n minimum van agt ryers per span. Die ander twee kontinentale spanne vir 2019 is die Pro Touch-span en die Dimension Data-kontinentale span.

Sias het nou die geleentheid om in 2019 saam met ervare elite-ryers in ‘n span te ry en  ervaring op te doen. Die program vir die jaar is so saamgestel dat die span op uitnodiging aan UCI-wedrenne in Afrika en moontlik Europa kan deelneem.

Die span neem plaaslik reeds vanaf 7 tot 17 Januarie aan die Mpumalanga-toer deel.