Boeties presteer by SA Biathlon Kampioenskappe

0
73
FJ en sy boet het die familienaam en NHS s'n hoog gehou. (Foto verskaf.)

Twee Nellies, FJ en Jan Albert Mentz het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Biathlon Kampioenskappe deelgeneem. (Sien volle berig in NewsHorn van 11 April 2018).

FJ het ‘n silwer medalje verwerf en nuwe persoonlike beste tye  in  die swem  en die atletiek item aangeteken. Hy het Springbok-kleure met net 40 punte gemis.

Jan Albert kon ook daarin slaag om sy persoonlike beste tye te verbeter in swem en atletiek.