D-dag vir Hlaudi – Solidariteit

0
343
SABC

Hlaudi Motsoeneng moet môre aan die arbeidshof verduidelik hoekom hy nie in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die SAUK 8-joernaliste nie.

Dit volg nadat die arbeidshof op 11 Mei 2017 die vakbond Solidariteit se aansoek toegestaan het om Motsoeneng as respondent toe te voeg in die vakbond se kostebevelsaak teen die SAUK. Solidariteit het sy visier op Motsoeneng geplaas met die vakbond wat aanvoer dat hy as destydse bedryfshoof die uiteindelike besluit geneem het om die joernaliste af te dank.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die tyd aangebreek vir Motsoeneng om verantwoording te doen vir sy ondeurdagte besluite. “Môre oorbrug ons die laaste hekkie om hom aanspreeklik te hou vir die koste wat ons moes aangaan vir sy onwettige instruksies en aksies,” het Van der Bijl gesê.

Lede van die media word hiermee uitgenooi om die hofaansoek by te woon.
Datum: Dinsdag 15 Augustus 2017
Tyd: 10:00
Plek:  Arbeidshof, Arbour Square-gebou, h.v. Juta- en Mellestraat, Braamfontein

Anton van der Bijl
Hoof: Solidariteit Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke
Sel: 083 291 6855