DA Gauteng Premierskandidaat, Solly Msimanga, kondig sy aksieplan aan vir sy eerste 100 dae as Premier

0
71
Solly Msimanga

by Solly Msimanga – DA Gauteng Premierskandidaat

Die afgelope 25 jare het inwoners van Gauteng gely onder die korrupte ANC-regring in Gauteng. Aan die ander kant, het die DA begin om verandering te bring na Gauteng deur bewind oor te neem in Midvaal, Tshwane en Johannesburg.

In terme van korrupsie, sal ek die volgende implementeer:

  • ‘n Ondersoek na provinsiale staatskaping;
  • Die Gauteng Skerpioene om die hoë vlakke van korrupsie in die provinsie te ondersoek;
  • ‘n Provinsiale vervolgingsgesag en
  • ‘n Ministeriële Handboek; Dit sal die voordele van die Premier, Speaker en LUR’e inkort om buitensporige besteding aan luukse spyseniering, privaat-sekuriteit, vermaak en advertensies te besnoei.

Wat betref werkskepping en regverdige toegang tot werksgeleenthede, sal ek die volgende doen:

  • ‘n Uitgebreide openbare- werke-program lotery;
  • ‘n Vrywillige jaar van staatsdiens vir matrikulante; en
  • Een beleggingsbevorderingsgemeenskap

Met betrekking tot die Life Esidimeni-tragedie sal ek verseker dat die gesinne van die slagoffers die vergoeding ontvang waarvoor hulle al lankal wag. Ek sal ook wettige maatreëls instel om die voormalige gesondheids-uitvoerende hoof, Qedani Mahlangu, en senior amptenare wat betrokke was by die Life Esidimeni-tragedie, uit hul eie sakke te laat betaal vir hul rol in die tragedie.

‘n Inter-regeringsgeskil sal ook teen e-tol begin word. Ek sal ook ‘n regsargument voorlê vir ‘n hofsaak teen die regering oor die rasionaliteit van die hernuwing van die e-tolkontrak in Gauteng.

Met betrekking tot die professionalisering van die polisiediens en die versekering van inwoners se veiligheid, sal ek ‘n gemeenskapsveiligheidswet struktureer wat die grense van provinsiale konstitusionele magte oor polisiëring sal uiteensit. Die wetsontwerp sal ‘n aantal meganismes insluit wat werklike beheer en toesig oor polisiëring deur die provinsiale regering sal behels.

Daarbenewens sal die Premier eienaarskap van grond in die provinsie uitbrei. Daar sal ‘n vestiging van ‘n titelaktes-eenheid in die Premier se kantoor wees om eiendomsbesit in die provinsie uit te brei.

In 2016 het miljoene Suid-Afrikaners hul stem gebruik om die DA in die regering in Suid-Afrika se grootste stede in te stem. En ons het getoon dat waar ons regeer, dinge gedoen word. Ons werk hard om meer as 20 jare se skade aan ons stede te herstel. Ons veg teen korrupsie, skep werk en verbeter daagliks dienslewering. Ons lewer eerlike regering wat die mense eerste stel.

Slegs die DA kan verandering bring wat werk skep, korrupsie beveg, die misdadigers toesluit en dienslewering versnel.