Desiland Kleuterskool waarsku ouers oor diarree in skool

0
339

‘n Inwoner van Malalane het ‘n omsendbrief van Desiland Kleuterskool aan NewsHorn gestuur na aanleiding van die erge besoedelde water in Mpumalanga wat bes moontlik ook vir die maagvirus in die gewilde kleuterskool verantwoordelik is.

Volgens die inligting aan die ouers word daar ondervind dat kleuters op die eerste dag koors toon en dan of opgooi of diaree het vir tenminste drie dae. Die skrywe versoek ouers van kleuters met hierdie simptome om eers die kinders terug te stuur skooltoe “nadat die magies ophou spoel het.” Hierdie virus is erg aansteeklik.

In verskeie gebied in die provinsie is daar reeds ver meer as 1000 soortgelyke gevalle aangemeld, maar tot dusver is net twee persone dood. Dokters in die provinsie met wie NewsHorn geskakel het, het bevestig dat hierdie tipe diarree heel waarskynlik deur besmette water veroorsaak kan word.

DA Raadslid van Nkomazi Mariette Preddy het verskeie dokumente aan NewsHorn gestuur waarin sy bewys dat sy reeds die afgelope agt jaar sukkel om die munisipaliteite, die openbare vervolger en die Menseregte Kommissie betrokke te kry om aan die watersituasie aandag te gee.

NewsHorn is besig met ‘n ondersoek en sal op gereelde basis hieroor verslag doen. Skole word gewaarsku om soos Desiland vroegtydig betrokke te raak en die leerders te monitor.