Gabriella maak Nellies Laer trots

0
103
Gabriella Koekemoer mag klein lyk, maar sy speel GROOT tennis.

Gabriella Koekemoer, graad 4 leerling van Laerskool Nelspruit, het behoorlik die tennisbaan tydens die Super 8 en Junior Nasionale Tennistoernooi in Bloemfontein, aan die brand gespeel.

In die Super 8 het sy die enkel-, dubbel- en die gemengde titels ingepalm en ook die vierde plek in die groepsafdeling in die Nasionale toernooi gewen. Sy beklee nou die 13de plek in die enkel-afdeling.