GROOT rugby by Hoërskool Nelspruit die naweek

0
706
rugby
Francois Esselen(regs) van NHS tydens wedstryd teen HTS Middelburg. (Foto: argiewe.)

Hoërskool Nelspruit bied Saterdag 12 Augustus die Virseker Beker  kwarteindronde aan.  Die  beker is die voormalige Beeld-trofee (Noordvaal groot skole rugbyliga).

Die skole wat teen mekaar kragte sal meet is NHS, Menlopark en Garsfontein.

Die program:

 

09:00 O/14A NHS vs Garsfontein

10:10 O/16A NHS vs Garsfontein

11:30 eerstes NHS vs Menlopark

Ondersteun ons plaaslike skool asseblief.

Afhangende van die uitslae hierdie naweek is die moontlikheid daar dat die halfeindronde asook die finaal van die Virseker Beker by NHS aangebied kan word.