Hoekom het Pres Ramaphosa hierdie uitlating gemaak?

0
180
Photo: IOL.

In ‘n videogreep wat geneem was tydens Pres Ramaphosa se besoek aan die Verenigde Nasies in New York, stel hy dit duidelik dat géén blanke boere op plase vermoor word nie, en dat daar geen onwettige grondbesettings in Suid-Afrika plaasvind nie. Dit nadat ten minste 43 mense reeds vanjaar op plase vermoor was waarvan 20 blanke boere was.

‘n Aansienlike hoeveelheid onwettige grondbesettings wat plaasgevind het was deur die nasionale media gerapporteer. Waar die land se president aan hierdie blatante valshede kom, sal net die man in die maan weet. Duidelik is die president se begrip van brutale Suid-Afrikaanse werklikhede die gevolg van erg verdraaide ideologiese tonnelvisie. Hy lieg deur sy tande.

 

Hierdie is ontvang van die Transvaal Landbou Unie en woordeliks so geplaas.