Hofuitspraak sal Brian Molefe se lot bepaal

0
322
Brian_Molefe
Photo sourced:

Die Pretoriase hooggeregshof sal môre uitspraak lewer oor die onregmatige uitbetalings wat Brian Molefe, Eskom se voormalige uitvoerende hoof, in Desember 2016 ontvang het.

Dit volg nadat die vakbond Solidariteit op 29 November 2017 die hooggeregshof genader het om die omstrede pensioentoekenning van sowat R30 miljoen aan hom toegestaan, en die bedrag van meer as R10 miljoen wat reeds aan Molefe uitbetaal is, onwettig te verklaar.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, wil Solidariteit hê dat geregtigheid moet seëvier en dat Molefe alle pensioenuitbetalings en
-voordele wat aan hom toegestaan is, terugbetaal. “Molefe het onregmatig en glad nie binne die raamwerk van Eskom se pensioen- en voorsorgfonds opgetree nie en daarom sal dit vir ons verblydend wees as die hof môre beslis dat Molefe in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor aanspreeklik gehou word,” het Van der Bijl gesê.

Lede van die media word hiermee uitgenooi om die hofverrigtinge by te woon.