Hugo moker Laerskool Nellies op die wenpodium

0
580
Hugo Liversage (Foto verskaf.)

Hugo Liversage het behoorlik gewys waar sy talente lê tydens die jongste 0/12 krieketwedstryd teen Laerskool Bergland.

Hugo het 108 lopies van slegs 77 balle met die kolf gemoker. Hy het ook ‘n uitstekende dag in sy boulwerk gehad waar hy 5 paaltjies geneem het in slegs 5 beurte en 20 lopies afgestaan. Laerskool Nelspruit se 0/12’s het Bergland in die wedstryd met 139 lopies gewen en Hugo was aangewys as speler van die wedstryd!