Jong Jacques speel saam met groot manne

0
452
Jacques Vosloo. (Foto: Hennie Homann.)

Jacques Vosloo maak geskiedenis op die krieketveld

Hoërskool Nelspruit se Jacques Vosloo (gr. 11) is gekies vir die Krieket Suid-Afrika-span en ook in die senior Mpumalanga-krieketspan ingesluit wat vanaf 13-16 September aan die Africa Cup in Oos-London deelneem. “Dit is voorwaar ‘n groot prestasie om op 16 reeds in hierdie span ingesluit te word,” sê afrigter Johan Rudolph.

Volgens Morné van der Merwe, krieketorganiseerder by die skool, is dit die eerste keer in Hoërskool Nelspruit se geskiedenis dat ‘n leerder in die senior provinsiale span ingesluit is.  Jacques is ook deel van die o/19 Puma-span. Baie geluk!

Aksiefoto: Hennie Homann