Laerskool Nelspruit se Kuns onder die Sterre ‘n groot sukses!

0
52

“ Laerskool Nelspruit is nie net leiers op die gebied van Akademie en sport nie, maar het bewys dat Kuns en Kultuur ook ‘n groot rol speel by die Nellies. Ons Leerders is besonders talentvol met  kreatiwiteit en passie vir kuns. Die glans geleentheid is aangebied op Laerskool Nelspruit se Skoolgronde – Donderdag 19 Oktober 2017.

Ons gedagte met hierdie jaar se  “Junk2Art “ tema vir die Kuns onder die Sterre aand was om herwinbare material in te samel en kunswerke daarmee te skep.  Ons het ook ‘n Modeparade gehou waar die Gr 7 meisies en seuns uitrustings moes maak met herwinbare material. Ons het Massakuns projekte in graadverband gedoen om al die kinders ‘n kans te gee om ‘n kunswerk te maak.  Ons het in die middae ook Kunswerkswinkels aangebied waar pragtige kunswerke gemaak is met verskillende herwinbare material.Dit was ‘n groot sukses en dankie vir almal, Nellie onderwysers en ouers wat gehelp het om die aand ‘n sukses te maak. “ – Mimi de Ruiter – Organiseerder van die Kuns en Kultuur week

Sien dan aangeheg ‘n paar fotos van die uiters suksesvolle Kuns en Kultuurweek van 2017. Foto’s geneem deur Nicolene Koorts