NHS netbalspelers bestes tydens toernooi

0
451

Vyf netbalspelers van Hoërskool Nelspruit het gedurende die afgelope skoolvakansie  aan twee  netbaltoernooei  deegelneem en die skool en die Laeveld se name hoog gehou. Al vyf is in hul onderskeie spelerposisies as die beste tydens die toernooie aangewys.

Affies-toernooi

• O/15: Gabbi van der Merwe-beste doel

• O/16: Tayla Kotzee – beste senterbaanspeler

• O/17: Mianke Engelbrecht  beste verdedigende speler

 

Raloka-eerstespantoernooi

• Chanté Oelofse wen R1500 as beste verdediger en is ook as die waardevolste speler aangewys.