NHS swemmers presteer by SA’s

0
618
Carla Mouton. Alle fotos verskaf.)

Baie geluk aan die drie Nellie-swemmers wat onlangs aan die SA Swemkampioenskappe deelgeneem het.

 

Giano dos Santos.

Giano dos Santos het behoorlik onder die medaljes en podiumplekke ingeklim en spog met ‘n 1ste plek: 100m rugslag; 2de plek: 200m; 2de plek: 200m rugslag en 3de plek: 50m rugslag.

Carla Mouton het twee vyfde plekke in onderskeidelik die 100m en 200m borsslag verower en ‘n negende in die 50m borsslag. Sy het ook gekwalifiseer om aanstaande maand aan die Youth Nationals in Port Elizabeth deel te neem.

Jetro Piso spog met ‘n 5de plek: 400m vryslag, ‘n 7de plek: 200m vryslag en nog ‘n 7de plek: 100m vryslag.