Nog ‘n Zuma wat miljoene skuld vlug na VAE

0
387
zuma
Zuma's nephew, Khulubuse Zuma.

Solidariteit sal Aurora se Khulubuse Zuma tot in die VAE volg om geregtigheid te laat geskied

Volgens onlangse mediaberigte en vertroulike bronne met wie Solidariteit in kontak was, het Khulubuse Zuma, voormalige Aurora-direkteur en broerskind van president Jacob Zuma, na bewering verblyfreg in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ontvang en hom reeds daar gaan vestig.

Zuma en sy mede-Aurora direkteure Fazel en Solly Bhana, Zondwa Mandela en Thulani Ngubani is in 2015 deur die Noord-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan die roekelose en nalatige bestuur van die Pamodzi-mynbates en aanspreeklik gehou vir die R1,5 miljard se skade wat aan die mynbates aangerig is. As uitvloeisel van die skuldigbevinding het die Aurora-direkteure skikkingsooreenkomste met die Pamodzi-likwidateurs aangegaan. Die gelde wat uit die ooreenkomste ingewin sou word, sou aangewend word om die uitstaande salarisse van die 5 300 voormalige Aurora-werknemers te betaal aan wie miljoene rande se uitstaande vergoeding geskuld word.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris by Solidariteit, was Zuma die laaste van die Aurora-direkteure wat in gebreke gebly het om aan die terugbetalingsooreenkomste te voldoen nadat hy in Julie vanjaar nie die ooreengekome maandelikse betaling van R500 000 gemaak het nie.  “Volgens die oorspronklike ooreenkoms wat met Zuma aangegaan is, moet hy R23 miljoen terugbetaal, maar as hy in gebreke bly om aan die ooreenkoms te voldoen, sal hy dan vir die volle skade van R1,5 miljard aanspreeklik gehou word. Zuma het egter slegs R9,5 miljoen van die ooreengekome bedrag terugbetaal,” het Du Plessis verduidelik.

Lees volledige berig in NewsHorn van 11 Oktober 2017.