OVS boer in kop geskiet, maar oorleef

0
90
farm attack
Johnny Muller sterk in hospitaal in Bloemfontein aan. (Foto verskaf.)

Alex Rose-Innes

‘n Vrystaatse boer kan reeds praat en sy familie herken ten spyte daarvan dat hy tydens ‘n jongste plaasaanval die langnaweek in Frankfort in die Vrystaat deur aanvallers in die kop geskiet is.

Johnny Muller (45), ‘n melkboer is Sondagaand geskiet toe hy en sy twee tienderjarige kinders na ‘n braai by vriende tuisgekom het. Volgens sy vrou Dalene gaan dit goed met hom in die hospitaal in Bloemfontein waar hy behandel word maar ondervind erge pyn. Hy kan glo ook onthou wat tydens die aanval gebeur het. Die kinders is ongedeerd.

Volgens die polisie is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.