Rekords spat by Nellies se AON atletiekbyeenkoms

0
255
Elizma de Villiers seil sierlik oor die dwarslat op pad na haar nuwe hoogspringrekord van 1.45m.

Adriaan de Beer

DIE vriendskaplike atletiekbyeenkoms ter voorbereiding vir die jaarlikse interlaer wat Saterdag by Laerskool Nelspruit gehou is, het weer vir groot opwinding gesorg.

Altesaam 19 nuwe rekords is opgestel, met die hoogtepunt die briljante vertoning van Vaughn van Zyl, wie die legendariese Frans Schutte se gewigstootrekord van 11,14m, wat in 2005 opgestel is, met bykans ‘n meter verbeter het na 12,04m.

Kort op sy hakke was Elizma de Villiers in die dogters 0/12 hoogspring, wie Shanise de Clerck se rekord van 1,44m (in 2017) na 1,45m verbeter het.

Die Laerskole  Nelspruit, Laeveld, Bergland en Nelspruit Primary was deel van die AON Vriendskaplike Atletiekbyeenkoms wat deur Laerskool Nelspruit aangebied is.

Die dag het aanvanklik onder perfekte bewolke toestande plaasgevind, maar so teen 11uur het die warm Laeveldson soos gewoonlik sy verskyning gemaak. Dit het egter nie die atlete gekeer om pragatletiekertonings te lewer nie.

Besoek gerus NEWSHORN se webtuiste by www.newshorn.co.za vir meer inligting oor rekords wat opgestel is.