Nellies spog met 10 atlete in provinsiale span

0
147
nellies

Adriaan de Beer

NIE minder nie as nege dogters en een seun van die Laerskool Nelspruit is ingesluit in die Mpumalanga laerskole-atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.
Die Laerskole SA’s vir onder 10 tot onder 13 word van more tot Saterdag (14 tot 16 Maart) in Germiston gehou.
Vian Louw is die enigste seun wat in aksie gaan wees, in die gewigstoot vir seuns o/11.
Tanya Pieterse gaan haar uithouvermoë in twee items wys, die 800m en 1500m vir dogters o/13, terwyl Elizma de Villiers in die hoogspring vir dogters o/12 in aksie sal wees.
Die ander atlete wat ook hul skool, dorp en provinsie met trots gaan verteenwoordig is Zané Nel in die gewigstoot vir dogters 0/12, Kiara Craven, 75m hekkies dogters o/12; Megan Botha, 150m hekkies dogters o/12; Michelle Groenewald, 200m hekkies dogters o/13; Simoné Lourens, verspring dogters o/11; Zoé Cilliers, 70m hekkies dogters o/11 en Chloë Mabitla vir dogters o/13 gewigstoot.
NEWSHORN wens julle namens al ons lesers en adverteerders alle sukses toe!