SAL gee omvattende skriftelike ondernemings aan Solidariteit

0
352

Die vakbond Solidariteit gaan môre by ʼn mediakonferensie die omvattende skriftelike ondernemings wat hy van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ontvang het, bekend maak. Dié ondernemings volg na aanleiding van die vakbond se planne om ʼn aansoek te bring om die SAL onder besigheidsredding te laat plaas.

Die SAL se ondernemings volg op sekere eise wat Solidariteit tydens samesprekings tussen die uitvoerende hoof van die SAL, Vuyani Jarana, en die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, gestel het.

“Van die ondernemings het groot strategiese implikasies vir die SAL,” het dr. Hermann gesê.

Solidariteit gaan ook tydens die konferensie ʼn opsomming van sy hofaansoek van oor die duisend bladsye vrystel. Die pad vorentoe wat sy besigheidsreddingsaansoek betref, gaan ook bespreek word.