Sewe medaljes en ses nuwe rekords vir NHS-atlete by SA-skolekampioenskappe

0
426

Die deurdringende reën en gure weer ten spyt, het Hoërskool Nelspruit se verteenwoordigers in Mpumalanga se skolespan na vanjaar se onlangse  nasionale kampioenskappe  in Potchefstroom vriend en vyand verras deur meer as ‘n halfdosyn medaljes in die geselskap van Suid-Afrika se beste skole-atlete, te verower. In die proses is ‘n hele aantal Nellie-rekords verbete.

 Van Reenen Kruger (s.15, 300m hekkies), Ruan Labuschagné (s.19, 4x400m aflos) en Tertius Mentz (ook s.19, 4x400m aflos) en  Douw Kruger (s.17, gewigstoot) spog elk met silwermedaljes, Ruan Labuschagné (400m hekkies), Ilke Joubert (m.19, gewigstoot) en Rhodé Nel (m.15, 4x100m aflos) almal brons verwerf het.

 Wat NHS-rekords betref (beste in die skool se bestaan van 65 jaar), moet die langer hekkies-items vir seuns (300m en 400m) veral uitgesonder word. By nasionale kampioenskappe word slegs in die ouderdomsgroepe s.15 (onder16), s.17 (onder 18) en s.19 (onder 20) deelgeneem – en in al drie, het die Nellie-rekords gespat!

Uitstekende prestasies is deur Rhodé Nel, Jana Engelbrecht, Shana Scott, Nicci Viljoen, Jessica Berry, Megan Nel, Ilke Joubert, Marné van Aarde, Thembi Coassa en Linmarie Potgieter in die dogtersafdelings behaal.

In die seunsafdelings het Van Reenen Kruger, Luthando Mabuza, Douw Kruger, Devon Nell, Jaytee Boers, Aubrey van der Bank, Ruan Labuschagne en Tertius Mentz briljante vertonings gelewer.