Vuurwarm rugby komende naweek by Bergvlam in Nelspruit

0
128
Voor: Brandon van Zyl, Dannilson Mkhatswa, Njabulo Temilton & Mpe Matebula. Agter: Ruben Botes, Waldo Swanepoel, Rinus de Bruin, Brandon van Zyl, Hugo Harmse, Lorenzo Southon (Kaptein), Gerhard van der Walt, Sizwe Mthembu, Shandro van Rensburg & Sylan Sjöblom. (Foto verskaf.)

Hoërskool Bergvlam bied eerskomende naweek 15 & 16 September die skool se J&M Sewes Rugbytoernooi  by die Mbombela Stadium aan.

Aankoms en verwelkoming is Vrydag 15 September om 13:30 by die B-veld en om 14:00 skop die toernooi af. Om 17:15 speel die groot menere wanneer die Pumas teen die Westelike Provinsie kragte meet.

Daar is 28 spanne wat aan hierdie toernooi kom deelneem en op Saterdag word daar weer om 0:700 afgeskop vir nog ‘n dag van feesrugby.